ISBN: 9780796323767 | Published: June 12, 2025 |
Vredemaker
Vredemaker
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Reginald Hufkie, vandag bekend as die suksesvolle akteur en musikant Reggie Peace, was 13 jaar oud toe hy by die kinderhuis se voordeur gaan aanklop het. Hy wou nie langer in die hok saam met sy pa en broers bly nie. Hier kry hy vir die eerste keer sy eie bed en kan hy stort. Die kinderhuis bied hom stabiliteit en gou begin Reggie presteer.
Maar hy bly ontevrede met homself. Reggie smag voortdurend na erkenning en aanvaarding. Tot hy besef dat hy 'n keuse het: Kies die lewe, óf kies 'n stadige dood.
En dan verander Reggie se verhaal in een van hoop. Ondanks sy uitdagende kinderjare kry hy 'n kans om sy drome waar te maak en 'n beter lewe te bou.
In sy aangrypende memoires beklemtoon Reggie die waarde van selfliefde, positiewe verandering en geestelike groei. Sy storie is een van swaarkry, maar wys ook dat uitdagings oorkom kan word en dat jy, met Christus aan jou sy, sterker anderkant kan uitkom.
Author Reggie Peace
Share
