ISBN: 9780796324023 | Published: August 5, 2026 | Soft Cover
Uit die Beek 2027
Uit die Beek 2027
Estimated Shipping Widget will be displayed here!
Couldn't load pickup availability
Hy dra ons altyd. Elke dag.
Uit die Beek* bied al generasies lank geestelike leiding en inspirasie vir gelowiges. Hierdie jaar is ons tweede jaar in die reis van vier jaar wat ons deur die Bybel lees.
In hierdie uitgawe lees ons uit Eksodus, die Psalms, Spreuke, Rigters, Job, Amos en Jeremia. In die Nuwe Testament lees ons uit Matteus, Hebreërs, Efesiërs, Jakobus, 2 Korintiërs en Filemon.
Soos gewoonlik word die belangrikste seisoene van die kerkjaar in ag geneem met 'n spesiale boodskap vir Lydenstyd, Paasfees, Pinkster, Koninkrykstyd, Advent en Kersfees.
Mag jy, liewe leser, vanjaar opnuut hoor dat jy aan Jesus Christus behoort, dat die Here by jou is, dat sy genade vir jou genoeg is en dat Hy jou dra.
Author Stephan Joubert
Share
