ISBN: 9780798144933 | Published: March 1, 2005 | Paperback
Proefwedstryd vir Wikus
Proefwedstryd vir Wikus
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Wikus Lombaard is 'n nice ou. Hy is kaptein van die eerste rugbyspan en met sy dodelike skopskoen het hy sy span al meermale uit die verknorsing gered. En sy meisie, Marissa, is die mooiste in die skool.
En al sukkel Wikus nou so 'n bietjie met die wiskunde, is dit ook nie die ergste nie. Met Marissa by hom en die rugby wat voorlê, is dinge doodreg, hy weet mos immers waaroor dit gaan in die lewe, veral noudat hy in die vakansie met sy suster se vriendin gevry het, behoorlik gevry. All the way.
Maar in hierdie laaste skooljaar van hom, kort voor sy deelname aan die Cravenweek, loop dinge skeef. Lelik skeef. Vir die eerste keer ontdek Wikus dat die lewe ook reëls het. En dat dit nie net in rugby is dat 'n ou van die veld afgejaag kan word nie.
Author Kobus Maree
Share
