Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798145190 | Published: January 1, 1975 | Hardcover

'n Oomblik in die wind (54)

'n Oomblik in die wind (54)

Author:RAPPORT100
Regular price R 350
Regular price Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

RAPPORT TOP 100 - NOMMER 54

Die roman speel af tussen 1749 en 1751.
Elisabeth vergesel haar eggenoot, Erik Alexis Larsson, saam met 'n gids, ene Van Zyl, op 'n ontdekkingsreis na die onherbergsame Kaapse binneland. Maar die tog neem 'n donker wending wanneer Van Zyl se drinkery, bakleiery en muitery handuit ruk.
Een dag stap Erik Alexis die wildernis in — om nooit weer terug te keer nie.
Ná die dood van die twee mans ontferm Adam Mantoor, 'n drosterslaaf, hom oor Elisabeth. In lewensgevaarlike omstandighede word hy haar beskermer, en saam begin hulle aan 'n lang en gevaarlike reis terug Kaap toe.
Tussen die wit vrou en die trotse slaaf ontwikkel daar 'n diep verhouding, en vir 'n kort tyd beleef hulle iets byna paradyslik te midde van die wildernis.
Maar die terugtog deur die Karoo bring al groter ontbering en gevaar. Tog hou Elisabeth vas aan haar belofte: om Adam te help om sy vryheid te verkry.

Author André P Brink

Author RAPPORT100

View full details