ISBN: 9780798145282 | Published: November 30, 2018 | Paperback
Duiwelskloof (42)
Duiwelskloof (42)
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
RAPPORT TOP 100 - NOMMER 42
In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het ’n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Hermiet, die Siener, hulle gaan vestig.
Nou, ’n eeu en ’n half later, bring ’n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van hierdie oer-Afrikaanse gemeenskap se isolasie en inteelt tot ’n uitbarsting.
Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner — ’n vuil-uil met ’n mislukte lewe agter hom — wat van buite inkom om die geskiedenis van Duiwelskloof op te teken. Hy raak egter vasgevang tussen die mense van die kloof, die donker geheim wat hulle so naarstig probeer beskerm, en die stories wat oral rondom hom ontstaan.
Stories van ’n man wat sewentien kinders op sy vyand se graf verwek het. ’n Vrou wat met volmaan in ’n bokooi verander. ’n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in ’n boksie teruggebring het. ’n Man wat deur ’n swerm voëls hemel toe gedra is. ’n Meisie met vier borste . . .
En dan is daar die mense van vandag:
Soon Heilig, wat die dorp die verdoemenis in preek.
Smeed Smit, wat probeer om ’n nagmerrie te beslaan.
Ouma Liesbet Pruim, wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar kom haal.
Hans Toordenaar, met sy gevaarlike mag oor ander se lewens.
Tant Poppie Vollemaan, wat raad het vir alles behalwe die dood.
Henta Voorperske, met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans.
En dan is daar Emma — die raaiselagtige vrou wie se lewe met Flip Lochner s’n verweef raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie.
Author André P Brink
Author RAPPORT100
Share
