ISBN: 9780798145497 | Published: May 1, 2002 | Paperback
Kroniek uit die Doofpot (20)
Kroniek uit die Doofpot (20)
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
RAPPORT TOP 100 - NOMMER 20
Kroniek uit die doofpot is die verhaal van 'n swart polisieman se soeke na geregtigheid en dis gebaseer op die werklikheid. Ten spyte van sy armoedige kinderlewe op 'n plaas in die Vrystaat, verwesenlik Tumelo John Moleko sy droom om by die polisie aan te sluit. En uiteindelik kan hy 'n huis en motor vir sy gesin bekostig en in sy eie tuin werk: Dus, die lewe van 'n gewone, eerbare man. Op 'n dag word Tumelo egter onregverdig beskuldig en 'n hou teen sy oor is die begin van doofheid en eindelose mediese probleme.
Wanneer hy 'n klag le teen sy senior kollega, kolonel Van Niekerk, loop hy hom teen 'n muur van korrupsie en rassisme vas. In die nag van 30 November 1987 is polisieman Tumelo in sy huis met sy vrou Busi deur 'n paar oud-kollegas vermoor. Die roman is sober aangebied, maar die leser weet waarop dit onvermydelik afstuur daarin le die spanning en tragiek.
Author John Miles
Author RAPPORT100
Share
