ISBN: 9780798157742 | Published: September 1, 2013 | Paperback
Maar wie snoei die rose in die nag
Maar wie snoei die rose in die nag
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
"Abraham de Vries vermom sy 'kontreiverhale' soms as 'ernstige verhale' en sy ernstige verhale as kontreiverhale. Vir die toegewyde De Vries-leser maak dit weinig verskil. Maak nie saak ... wat die genre eintlik is nie; dis die stórie en die vakmanskap wat in beide gevalle primêr tel - soos Linda Rode tereg sê (n.a.v. van D.H. Lawrence se woorde: 'Never trust the artist. Trust the tale').
De Vries se vertroude vertellerstem is byna uniek in Afrikaans - daar is die herkenbare en die realistiese, maar sy verhale word ook gekenmerk deur 'n evokatiewe onuitgesegdheid. 'n Ander kenmerk is sy deernis met die buitestander of die underdog. In hierdie verhale is daar hartseer en humor, lokkende geheime, misterieuse karakters, triekster-elemente. Die eerste verhaal in die bundel, 'Agter nege passe', is as't ware 'n liefdesverklaring aan die Klein-Karoo!
''n Mens kan sê dat twee soorte verhale regdeur De Vries se oeuvre loop: 'ligter', 'realistieser' kontreistories en 'digter', soms fantasieryke verhale. Maar so eenvoudig is dit ook weer nie...' - George Weideman"
Author Abraham H. de Vries
Share
