Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798157933 | Published: May 1, 2014 |

Yum-Mo: Vrolike, vars resepte vir beginners en studente

Yum-Mo: Vrolike, vars resepte vir beginners en studente

Regular price R 250
Regular price Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Vinnige, maklike, heerlike kos wat enige beginner en student sal inspireer om te kook, selfs in die kleinste woonstelletjie of gedeelde koshuiskombuis met net een mikrogolf. Yum-mo is 'n boek vir studente geskryf deur 'n student wat male sonder tal haar advies en resepte vir ander moes neerskryf.

Met duidelike instruksies en volkleurfoto's kan enige nuweling dit nou met veiligheid waag om die kospotte te takel. Alles van die mees basiese daaglikse disse tot uithang-kos vir vriende word gedek. Die resepte is nie net genadig op die beursie nie, maar ook vinnig en gesond. Dis egte kos wat kreatiewe denke sal stimuleer en jou brein voed.

Selfs die mees basiese riglyne word uitgestippel - van hoe om 'n ui te kap, tot hoe om oorskietkos te gebruik en hoe om kos te stoor.

Hoewel die boek gemik is op studente kan enige onervare kok by Yum-mo baat. Die vars, vrolike inslag inspireer en maak jou lus vir kook.

Author Carina Truyts

View full details