ISBN: 9780798159333 | Published: March 1, 2013 |
Trek
Trek
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Die ineengeweefde en ontroerende verhaal van die bruin en wit gemeenskap op Wellington. Eerstens is daar Miss Girlie, die bruin onderwyseres van Skotse afkoms, dan Lambert van der Merwe, naasoudste seun van die plaas Weltevrede, en laastens Lettie, vrou van Boeta, Lambert se ouer broer en erfgenaam van die plaas.
Op haar oudag dink Miss Girlie terug aan haar lewe en die verontregting van bruin mense weens die Groepsgebiedewet, toe hulle in die 1950's uit hul huise in die dorp gesit is en moes trek na nuwe gebiede wat vir hulle aangewys is. Lambert, heelwat jonger as Miss Girlie, is van kleins af verlief op haar, maar weens apartheid en die ouderdomsverskil, is dit 'n liefde wat nooit beantwoord kan word nie. Lettie onthou haar huwelik met die moeilike en wellustige Boeta, maar ná sy dood leef sy erfenis tog voort in hul dogter, Magriet, wat die plaas verlaat en na Nederland trek, verwagtend met haar eerste kind.
Author Winnie Rust
Share
