ISBN: 9780798163767 | Published: November 1, 2013 |
Vuurklip
Vuurklip
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Vuurklip is Marié Heese, skrywer van die bekende Die uurwerk kantel, se eerste Afrikaanse roman in 30 jaar. (Tyd van beslissing het in 1983 verskyn.)
'n Magiese roman oor die lotgevalle van die Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede. Dis Ama se storie, jongvrou wat wil Storievrou en Moetievrou word, soos die ouvrou Maouma. Maar eers moet sy vróú word - die bloedgebed en die Eerste Ingaan beleef. Wie gaan haar herdman wees? Waarheen verdwyn sy skielik? Dis ook die storie van 'n magstryd; wie gaan Hoofman-owerste van al die Seestamme word? En dis die storie van die mensheid se oorlewingstryd, want die omgewing kan nie meer almal voed nie. Kan hulle beter gereedskap maak? Durf hulle 'n groot taboe breek om te kan voortleef?
Author Marié Heese
Share
