ISBN: 9780798163828 | Published: October 1, 2013 |
Beertjie kry 'n soen
Beertjie kry 'n soen
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
6+ jaar. 'Beertjie' is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters. Die eenvoudige teks deur Else Holmelund Minarik en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind 'n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel. Al vyf titels in die Beertjie-reeks sal in 'n wye kring byval vind, aangesien dit uitstekende voorleesboeke is. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.
In hierdie boek stuur Beertjie vir Ouma Beer 'n prentjie. Ouma Beer hou so baie daarvan dat sy vir Hen vra om vir Beertjie 'n dankie-soen te neem. Maar Hen gee die soen vir Padda, en Padda gee die soen vir Kat . . . en so hou dit aan. Gaan Beertjie dan ooit sý soen kry?
Author Else Holmelund Minarik
Illustrator Maurice Sendak
Share
