Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798163873 | Published: August 1, 2013 |

Saartjie Omnibus 1

Saartjie Omnibus 1

Regular price R 235
Regular price R 0 Sale price R 235
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Saartjie
Saartjie se vakansie
Saartjie se geheim

In Saartjie, wat die eerste van die drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks is, ontmoet ons vir Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë. Hierdie rabbedoe en haar twee maats staan bekend as die Drie Muskiete en al wat hulle lewe versuur, is seuns en 'n klein niksnuts genaamd Muggie.

In Saartjie se vakansie tref 'n orkaan 'n Johannesburgse woonbuurt en Saartjie kom af op 'n tweeling wie se ouers albei in die hospitaal is.

In Saartjie se geheim laat Saartjie se ondeundheid haar soos gewoonlik weer in die moeilikheid beland. Galpil-hulle is net mooi gereed om vrugte vas te lê wanneer 'n vreesaanjaende spook sy verskyning maak.
Saartjie het 'n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Author Bettie Naude

View full details