Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798164979 | Published: June 1, 2017 | Paperback

Krokodil aan my skouer: Stoffel toe en nou

Krokodil aan my skouer: Stoffel toe en nou

Regular price R 250
Regular price Sale price R 250
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Krokodil aan my skouer is Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vroeë vormingsjare. In ses bundels sedert 1998 het lesers hom leer ken deur sy Stoffel Mathysen-persona. Vandag is hy bekend as 'n gesogte safarigids en gerespekteerde natuurbewaarder, maar mense onthou hom steeds as die man wie se arm in die Krugerwildtuin deur 'n krokodil afgebyt is - 'n gebeurtenis wat sy lewe verander het. Vir die eerste maal vertel Stoffel ook die volle verhaal van sy jaar grensdiens in die Wes-Caprivi en ontbloot só 'n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. En hy kondig sy nuwe oorlog aan: die stryd teen renosterstropery.

Bakkes se skryfstyl vol ironie en lakonieke humor bly 'n plesier, maar dis veral sy eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so 'n gewilde skrywer maak.

View full details