Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798165044 | Published: November 1, 2013 |

Kobra

Kobra

Author:Deon Meyer
Regular price R 365
Regular price R 0 Sale price R 365
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Bennie Griessel is eerste op die toneel: 'n bloedbad in 'n luukse gastehuis op 'n Franschhoek-wynplaas. Drie slagoffers van 'n geheimsinnige, blitsige, meedoënlose huurmoordenaar genaamd Die Kobra. Kan Griessel hom keer voordat hy weer toeslaan? Want daar was boonop 'n ontvoering . . . Ene Paul Anthony Morris, Britse burger met 'n splinternuwe paspoort. Maar wie is dié man werklik?

Voeg hierby 'n grypdief wat onwetend iets steel wat aan Die Kobra behoort, en 'n intelligensiediens wat hul neus in Griessel se sake wil steek. Spanning en intrige uit die boonste rakke, soos net Suid-Afrika se misdaadverhaal-koning dit kan skryf!

Author Deon Meyer

View full details