ISBN: 9780798167871 | Published: August 1, 2014 |
Mede-wete
Mede-wete
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In Mede-wete,'n aangrypende nuwe digbundel deur Antjie Krog, word temas soos taal, geheue en gewete met 'n nuwe intensiteit en beleënheid hanteer. Dit is haar eerste digbundel in 8 jaar.
Dié gedigte laat blyk duidelik haar diep verknogtheid aan haar geboortegrond en haar volgehoue betrokkenheid by en passie vir die land se komplekse geskiedenis en samelewing. Terselfdertyd herdefinieer sy haar identiteit as Afrikaanse digter. Te midde van verse waaruit haar woede en afkeer ten opsigte van sosiale ongeregtighede spreek, is daar ook boeiende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug; waarin die stemme en gesprekke wat ons elke dag hoor, opklink. Ook verse oor oudword en afskeid, waarvan die huldigingsvers vir Mandela 'n hoogtepunt is.
Maar dit is verál weens die ontwrigting van taal juis om nuwe betekenis te skep, dat Antjie Krog 'n opwindende digbundel lewer.
Author Antjie Krog
Share
