Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798169141 | Published: October 1, 2014 |

Die ontwaking

Die ontwaking

Regular price R 300
Regular price R 0 Sale price R 300
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

Die filmuitgawe van Abel se ontwaking.

Abel bly steeds op die burgerregerf buite Johannesburg waar hy die grootste deel van sy lewe saam met sy versteurde moeder deurgebring het. Daar bewerk hy die velle van klein diertjies wat hy verruil vir die maskers en tsantsas uit Afrika en Suid-Amerika wat hy in sy galery in die stad verkoop. Vir sy vyftigste verjaarsdag het Abel spesiale planne. Hy wil vir hom 'n nuwe gesig uitsoek: dié van 'n mooi jong vrou.

En hy is op die uitkyk vir tatoes wat sal pas by die temas van sy Kosmiese Joernale.

Inspekteur Ella Neser gryp die kans aan om haar eerste moord as ondersoekbeampte te hanteer. Sy het die beste leermeester, superintendent Silas Sauls, boelhond en koppestamper. Hierdie moord is egter ongewoon. Die liggaam is byna sagkens agtergelaat, behalwe vir 'n vreemde wond op die skouer.

Author Chris Karsten

View full details