Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798169905 | Published: October 1, 2015 |

Lotta se lewe 05: My skilpad uit sy dop

Lotta se lewe 05: My skilpad uit sy dop

Illustrator:Daniela Kohl
Regular price R 220
Regular price Sale price R 220
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Lotta se klas het 'n kompetisie gewen! Hulle gaan prente van bedreigde diere op 'n heining verf. Lotta en Chantelle is mal oor diere, so hulle is vuur en vlam. Hulle wil mos nie hê pandas en Tasmaniese duiwels en sulke skaars diere moet uitsterf nie . . . maar dinge werk ongelukkig nie uit soos hulle beplan nie. Veral nie met die neus-in-die-lug Berenice in die rondte nie. Dit is die een katastrofe ná die ander in Lotta se lawwe lewe! Haar avonture is egter altyd pret!

Alice Pantermüller wou reeds van laerskool af 'n skrywer of onderwyser word. Nadat sy onderwys studeer het, het sy as 'n Duitse taalassistent in Skotland gewerk, en daarna was sy 'n boekhandelaar. Vandag bly sy saam met haar gesin op die platteland naby Lüneburg in Noord-Duitsland. Sy is bekend vir haar kinderboeke Bendix Broderson.

Author Alice Pantermuller

Illustrator Daniela Kohl

View full details