Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798172493 | Published: April 1, 2016 | Paperback

Huilboek (45)

Huilboek (45)

Author:RAPPORT100
Regular price R 299
Regular price Sale price R 299
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

RAPPORT TOP 100 - NOMMER 45

“Wie sou kon dink dat ’n stem soos myne ooit gehoor sal word? Waar sal so ’n klank in elk geval vandaan kom?”
Só begin die jongste outobiografiese roman van Ryk Hattingh — sy eerste boek in negentien jaar.
Huilboek is ’n verweefde verhaal wat beweeg tussen die hede van Nieu-Seeland en die herinneringe aan Ryk se kinderjare op die Oosrand in die 1960’s.
Wie wás die kind op die stoep saam met sy ma, pa, ouma, boeties en Outa Toon? En wie was Outa Toon — die man van wie ons net die skouer en rug sien op ’n ou foto saam met pa en die seuns? Die man wat vir Ryk gesê het: “Jy is mos die een met die hart.”
Dit is ook die man wat vra:
“Wie sou ooit kon dink dat ’n stem soos myne gehoor sal word . . .”
Huilboek is ’n indrukwekkende kragtoer. Aan die een kant sluit dit aan by Ignatius Brand en Witskrif, maar terselfdertyd staan dit as ’n selfstandige herinneringsroman.
Uiteindelik sê die boek:
Hier is ek.
En dís wie ek geword het . . .

Author Ryk Hattingh

Author RAPPORT100

View full details