ISBN: 9780798173858 | Published: August 1, 2016 | Paperback
Koors (40)
Koors (40)
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
RAPPORT TOP 100 - NOMMER 40
Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie. Deur 'n SA landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels en al hoe meer moorddadige hondebendes - én mensebendes - swerf Nico en Willem, op soek na 'n plek om oor te begin. Wanneer hulle dit sover het by Vanderkloof - nou Amanzi - saam met 'n groep swerflinge, steek al die sondes van die mensdom weer kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die plunderende motorfietsbendes raak ál moeiliker. En wat van die geheimsinnige Domingo, wat by Amanzi aankom op 'n motorfiets en spoedig as paramilitêre leier ontpop - kan hý ooit vertrou word? Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi ... In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is 'n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.
Author Deon Meyer
Author RAPPORT100
Share
