Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798176880 | Published: May 27, 2020 |

Klein kook en geniet

Klein kook en geniet

Regular price R 340
Regular price R 0 Sale price R 340
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'n Eg Afrikaanse kookboek vir beginners van alle ouderdom. Kook & geniet se kleinsus is die perfekte wegspringplek vir beginners in die kombuis. Die gewilde kookgids vir kinders is nou terug in 'n vrolike baadjie - met dieselfde vertroude staatmaker-resepte en splinternuwe kleurfoto's. Met gunstelinge soos hamburgers, tjips, pizza en 'n verskeidenheid soetgoed.
Met meer as 55 smulresepte vir jonk en oud, spesiaal uitgesoek en getoets deur Eunice van der Berg. Elke metode word stap vir stap met behulp van kleurfoto's verduidelik en leer jou:
hoe om 'n resep te volg
hoe om te meet
wat kookterme beteken
hoe om kombuisgereedskap te gebruik
Klein kook & geniet is 'n mini-kursus wat jou op 'n lekker plesierige manier touwys maak in die basiese kuns van kosmaak - en as jy eers weet hoe, sal jy dieselfde metodes kan gebruik om uit enige resepteboek te kook.

View full details