ISBN: 9780798177337 | Published: September 26, 2018 | Paperback
Seisoenskos
Seisoenskos
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
In Seisoenskos word jy genooi om heeljaar volgens die seisoen te eet. Die voordele van hierdie nuwe kosneiging is legio: Nie net gaan jou beursie dikker wees nie, maar dit trap ook ligter op Moeder Aarde. Boonop is al die bestanddele wat jy vir hierdie resepte benodig, geredelik beskikbaar. Verlekker jou in die lekkertes van elke seisoen: waatlemoen, perskes en druiwe in die somer; appels, grenadellas en vye in herfs; lemoene, nartjies en suurlemoene in die winter en avokados, kappertjies en spruite in die lente. Elke seisoen maak voorsiening vir voorgeregte, brood en happies, hoofgeregte en nageregte en gebak. En vir die avontuurlustiges: Ontdek hoe maklik dit is om witloof gaar te maak en artisjokke te braai. Met nuttige wenke soos hoe om jou eie groen knoffel te groei en wat pienk sout is en breedvoerige verduidelikings wat al die resepte maklik maak. Vir kosliefhebbers en kosavontuurlustiges.
Author Weg/Go! Tydskrif
Share
