ISBN: 9780798179096 | Published: July 9, 2019 | Paperback
Die kind uit die wingerd
Die kind uit die wingerd
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Selfs 'n wingerdloot het 'n stamboom van oorsprong.
Een Sondagmiddag in die herfs van 1916 kom 'n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmus-familie se binnekring ingestap. Niemand herken hom nie. Die kind kan self nie sê waar hy vandaan kom nie. En dié wat weet, wil nie praat nie. So bly dit vir twintig jaar lank. Altyddeur smag Laurens Erasmus om te weet wie hy werklik is. Nie eers die buurdogter, Carijn den Hagen wat daardie eerste dag in die wingerd haar hand na hom uitgesteek het, kan hom help nie. En dan met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog verander alles. Dit gooi lewens omver. Vir sommige beteken dit die einde. Vir ander maak dit deure oop.
'n Bekoorlike verhoudingsroman met 'n digverweefde historiese intrige. Geskryf deur die skrywer van Somersneeu (gekortlys vir die ATKV-liefdesromansprys, 2010) en Debora gaan huis toe (gekortlys vir die ATKV-liefdesromanprys, 2018).
Author Helene de Kock
Share
