ISBN: 9780798180603 | Published: September 4, 2020 | Paperback
Stille waters
Stille waters
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Hanna, 'n suksesvolle personeelagent, lewe teen 'n vinnige pas. Sy bestuur haar eie besigheid, is al jare lank gelukkig getroud met Carl, en is 'n liefdevolle ma wat haar dae rondom haar werk, huishouding en twee kinders beplan.
Wanneer sy een middag ná 'n blitsbesoek aan die supermark by die huis opdaag en haar tienerseun, Divan, se lewelose liggaam in die garage ontdek, stort die kaartehuis van haar perfekte lewe ineen. In die dae en maande daarna moet Hanna weer haar kop begin lig. Hoe gaan sy en Carl ooit Divan se selfdood verwerk? En Nadia wat elke dag vra wanneer kom boetie terug? En wat van Divan se vriende op skool? Steek hulle iets weg?
Author Juanita Aggenbach
Share
