Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798180665 | Published: June 26, 2020 | Soft Cover

Vers & vrou

Vers & vrou

Regular price R 370
Regular price R 0 Sale price R 370
Out of print
VAT included.

Cannot be ordered — this title is out of print

'n Versameling gedigte oor vroue, deur vroue, vir vroue - en vir almal wat rondom en met vroue leef.
Lees oor beroepsvroue en huisvroue, verliefde, geliefde en ontnugterde vroue, vroue met kinders en sonder kinders, vroue wat in die kalklig staan en vroue wat deur grense breek.
Die digters skryf intens en onbeskroomd oor die liefde en die lewe, oor die hoogspanning van erotiek, oor die onkant vang van ouderdom en die dood.
In die gedigte klink die ritme van 'n hartklop op, die voetval van leef.
Dit neem die leser saam op reis: oor kruine van hartstog en langs paaie van ontnugterings, versugtings, verwensings en verwesenlikings.
Dié keur soos uitgesoek deur Karen de Wet kyk met 'n vroulike blik: die heelal beskou deur die oë van 'n vrou. Dit is 'n bloemlesing om
aan te gee vir 'n vriendin of 'n suster, vir ma's en vir dogters, vir geliefdes - omdat ons almal 'n bietjie so is, en ook nié so is nie.

View full details