Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798180795 | Published: June 19, 2020 | Paperback

Draairivier

Draairivier

Author:ZZZ
Regular price R 69
Regular price R 299 Sale price R 69
Sale Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Dis die jaar 1955 en Suzanna Jansen woon saam met haar pa, ma en broer, Gert, in 'n riethuisie op Bertus van Zyl se plaas naby Kakamas. Haar pa en broer sien bedags om na die skaap en haar ma werk in mevrou Rita se Groothuis.
Dis die Kersvakansie voor Sanna se laaste skooljaar en sy kan deesdae nie die vlinders in haar maag begryp elke keer as sy die buurseun, Johannes, in een van die veekampe raakloop nie.
En dan is daar Inge, die meisie met die geel hare, wat soos die slapende skoonheid gevangene is in die Groothuis.
Een middag besluit Sanna om aan haar kamerdeur te klop - min wetende dat 'n vriendskap met dié vreemdeling haar en Johannes se lewens onherroeplik gaan verander.
Engela Ovies se debuutroman, Draairivier, is 'n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.

Author Engela Ovies

Author ZZZ

View full details