ISBN: 9780798180917 | Published: July 7, 2020 | Paperback
As die Cape Flats kon praat
As die Cape Flats kon praat
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
Brian Fredericks, ’n aangrypende nuwe stem, skryf met nege kortverhale ’n wêreld oop in die Cape Flats. In “Green Eyes” probeer ’n exgangster
wegbreek van sy vorige lewe van vuurwapens en wraak.
In “Moenie mense judge nie” gaan kuier 'n jong outjie by sy neef Denzil in Elsies, en besef watter paaie sy eie pa jare gelede geloop het.
En in “Baksteen vir baksteen” word ’n jong man ná twee jaar uit die tronk ontslaan.
Keuses is ’n belangrike leitmotief in die verhale, maar ook die noodlot.
Fredericks werp lig op ’n komplekse wêreld waar die grens tussen reg en verkeerd heeltyd verskuiwe, maar bowenal het hy ’n sonderlinge
insig in die feilbaarheid maar ook die broosheid van menswees.
Karakters kry lewe op papier, en maak jou opnuut na die wêreld om jou en in jou kyk.
Met dié bundel kortverhale vestig Fredericks hom as nuwe baanbreker in die Afrikaanse kortkuns.
Author Brian Fredericks
Share
