ISBN: 9780798182034 | Published: June 11, 2021 | Hardcover
Immigrant
Immigrant
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
In 1936 word Elisabeth Eybers die eerste vrou om 'n bundel in Afrikaans te publiseer, op die ouderdom van 21. In haar vroeër werk dig sy veral oor die natuur, liefde, moederskap, jaloesie en angs. Teen die tyd dat sy Johannesburg in 1961 verlaat, word sy beskou as een van die belangrikste digters in Afrikaans. Sy sou presies die helfte van haar lewe in Amsterdam deurbring, waar sy 'voetjie vir voetjie' 'n nuwe bestaan vind. Ook in Nederland word sy as 'n belangrike digter erken en ontvang daar, soos steeds in SA, die hoogste literêre eerbewyse.
Eybers se verse was jare laas in druk. Dié keuse, uitgesoek deur Ena Jansen, goeie vriendin van haar, wys op Eybers se veelsydigheid as digter. Die bloemlesing bevat o.m. die bekende 'Maria', 'Busrit in die aand', verse oor haar kinders, die emigrasie na Nederland, 'groengeruit die nette akkers', tot haar latere, aangrypende gedigte oor ouer word.
Goeie poësie is tydloos, en dit blyk duidelik met dié uitgawe van Eybers se mees geliefde werk.
Author Elisabeth Eybers
Author Ena Jansen
Share
