Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798182621 | Published: November 19, 2021 | Paperback

Marinda se kinderkombuis

Marinda se kinderkombuis

Regular price R 315
Regular price R 0 Sale price R 315
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Marinda se kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Benewens resepte, is daar 'n skatkis van wenke oor kookterapie en die voordele daarvan vir kinders, asook hoe bak-en-brou die jongspan op 'n pretmanier kan help met wiskunde, wetenskap, lees- en skryfvaardighede en bykans alle skoolvakke. Leer saam met Sjef Sout om 'n oondomelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in 'n bottel te pak, en die heel mooiste kolwyntjies te versier. Dit is sommer net 'n paar van die liplekker resepte met bestanddele wat in die kombuiskas is, en boonop baie veilig is om te maak. En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word 'n laboratorium wanneer hy wys hoe om 'n kleureskouspel met melk op te tower, 'n eier in 'n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog vele meer.

View full details