Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798182942 | Published: June 17, 2022 |

Polsslag

Polsslag

Author:Marie Lotz
Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam uitgeroep na 'n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van 'n vrou is in 'n bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses.
Doktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se modus operandi is 'n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.
'n Paar maande tevore, in Sandton, sukkel juweliersontwerper Marlia Heystek om kop bo water te hou. Haar driejarige dogtertjie is 'n handvol, en so ook haar baas, Rhyno Weidemann. Sy en Rhyno is besig met die afronding van die Waffe-reeks wat wapens in juweliersware vergestalt.
Die vorige aand het die geldmagnaat Leonard Adendorf egter 'n aanbod aan Marlia gemaak wat sy nie van die hand kan wys nie. As sy in die geheim 'n reeks juweliersware vir vriende van Adendorf ontwerp, hoef sy nooit weer haar sente om te draai nie.

'n Meesleurende spanningsroman deur die skrywer van Roofdier.

Author Marie Lotz

View full details