ISBN: 9780798183406 | Published: April 21, 2023 | Paperback
Vuurvoël
Vuurvoël
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Stella Mertens, Mark Dejongh en Riaan Steytler probeer elkeen iets uit hul verlede wegsteek . . . maar elke geheim het 'n vervaldatum. Daar is net 'n sekere tydperk wat 'n sekere hoeveelheid mense 'n geheim kan hou.
In Vuurvoël, Elmarie Viljoen-Massyn se debuutroman, word donker geheime ontrafel wanneer die oënskynlik uiteenlopende wêrelde van Big Pharma en 'n Serwiese dwelmkartel paaie kruis.
Anschen Conradie sê die volgende oor Vuurvoël:
'Die hoofverhaal speel af in Bloemfontein van 1 tot 13 Augustus 2019. Deur middel van terugflitse word die leser beurtelings teruggeneem na die verlede met Mark, Riaan en Stella as fokaliseerders. Die insluiting van twee Kongolese vlugtelinge as deeltydse fokaliseerders, dra vernuftig by tot die kompleksiteit van die spanningslyn en stel die leser bekend aan die skemerwêreld van catch fétiche-stoeigevegte.
Mitologie en werklike kliniese studies word vervleg tot 'n boeiende hedendaagse spanningsroman; die mites van die Egiptiese feniks en die Russiese vuurvoël verskaf 'n magiese inslag, wat gebalanseer word deur die realiteit van die historiese feite van die traumatiese Tuskegee-sifilis-eksperiment (1932-1972).
Humor is, ten spyte van die gewigte onderwerpe, nie afwesig nie en is veral aan Riaan se karakter gekoppel. 'Hy het sy pa se bruin hare, die soort hare wat nie langer word nie, maar hoër.' (bl. 36). Sy onbeholpe pogings om 'n kaping te reël (ble. 138-141) het skreeusnaakse gevolge en sy wraakplanne in die slothoofstukke grens aan die absurde en lees soos 'n Monty Python-skets.
Stella herinner in 'n mate aan Larsson se Lisbeth Salander; die verpersoonliking van 'n opstanding uit die as van die verlede om wraak in die hede te neem; 'n randfiguur met 'n kenmerkende tatoe. Sy is egter meer toeganklik, minder geniaal en baie meer weerloos. Sy is 'n oortuigende hoofkarakter en die sentrale spil van die verhaal sonder om die newe-karakters se rolle te oorheers.
Die aanwending van gekiedkundige en kulturele feite as basis en die inkleur daarvan met mitologie en humor, maak van hierdie debuutwerk 'n wenresep wat aanklank sal vind by lesers wat die werk van Dibi Breytenbach, Bettina Wyngaard, Marie Lotz en Irma Venter geniet.'
Author Elmarie Viljoen-Massyn
Author ZZZ
Share
