Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798183673 | Published: October 11, 2019 | Paperback

Sewe en veertig

Sewe en veertig

Regular price R 320
Regular price R 0 Sale price R 320
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Sarah Fourie kry halfvier op 'n koue wintersoggend 'n oproep van Mosela Mosholi, 'n ou vriendin uit haar tronkdae. Sarah moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel 'n vierde moord op 'n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help.
Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot. Sy sleep haarself uit die bed, gryp 'n oornagsak, en bel vir Jaap. Want Jaap Reyneke moet saam - sy jare as polisieman is al raad wat sy het indien 'n moordenaar in die moederstad skuil.
Dit is 'n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. 'n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou stilweg tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste salig onbewus is van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei.
Nog 'n verbluffende roman deur die meester-krimiskrywer Irma Venter.

Author Irma Venter

View full details