Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798183703 | Published: May 12, 2023 | Soft Cover

Die laaste kanariegeel notaboek

Die laaste kanariegeel notaboek

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Mia Steyn is nog bloedjonk wanneer haar broer haar een laatmiddag by die Pienk Paleis, 'n losieshuis in Bloemfontein, aflaai. Noudat beide haar ouers oorlede is, en haar broer en sy vrou die boerdery op Blesbokfontein oorneem, is dit beter dat sy haar eie potjie in die stad begin krap. Dis toe sy 'n stowwerige, propvol boekwinkel instap dat Mia besef dis hier waar sy wil werk, nie as tikster in 'n prokureursfirma nie. Sy word deur die Van Geets as boekwinkelassistent aangestel en kort voor lank vind sy haar voete, én verloor sy haar hart - op die beroemde skrywer Louis Feldtsmann. Die laaste kanariegeel notaboek is die jongste roman uit die pen van blitsverkoperskrywer Anchien Troskie. Niks is ooit soos dit lyk op die oppervlak nie, besef 'n mens weer met die lees van hierdie verhaal. 'n Hoogs meesleurende roman oor die geheime tussen 'n ma en haar twee dogters, 'n man en sy vrou.

View full details