Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798183741 | Published: September 30, 2024 | Paperback

Haas en Harriët

Haas en Harriët

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Mila Verster is 'n suksesvolle entrepreneur in Gauteng. Haar dogter, Tami, word eersdaags agttien, en Mila is reg vir 'n nuwe hoofstuk: Sy gaan inskryf vir haar PhD en daarna met vakansie gaan.

Dis ook tyd dat sy en Conrad gesels. Vandat haar man se buitelandse kontrak beëindig is en hulle permanent onder dieselfde dak woon, besef sy opnuut hoe min hulle met mekaar gemeen het. En dan is Harriët, haar ma, ook besig om aan haar te karring om saam met Tami op die familieplaas te kom kuier - veertien jaar nadat Mila alle kontak met haar ma en broer, Fanie, verbreek het . . .

Wanneer Tami een middag spoorloos verdwyn, word Mila genoop om die sluier oor die verlede te lig, die gebeure te herbesoek en te ontrafel. Maar al genees tyd sommige wonde, bly die letsels rou en die pad na vergifnis kom teen 'n prys.

Haas en Harriët is 'n hartroerende roman oor onvolmaakte ouerskap. Twee ma's probeer hul bes doen vir hul kinders, maar albei maak foute, en die wêreld daar buite is soms ongenaakbaar.

Author Susan Coetzer

View full details