Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798183857 | Published: June 15, 2023 | Paperback

Diana se dag

Diana se dag

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Toemaar, jou dag sal kom . . . Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jongmeisie erf sy die las van 'n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot 'n studiebeurs van 'n anonieme skenker in haar finale skooljaar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik. Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Duncon Weston, aantreklike erfgenaam van Soeterwijn en aspirantpolitikus, het sy oog op die talentvolle Diana. En dan is daar Lutz Weilandt, die plaaslike chirurg - meelewend maar enigmaties. Albei hierdie manne het 'n kwessie met verbintenis. Een vrees dit om betrokke te raak. Die ander het weer nie 'n benul wat ware verbondenheid tussen 'n man en 'n vrou behels nie.

Helene de Kock bewys weer hoekom sy as een van Afrikaans se beste verhoudingsromansiers gereken word. Diana se dag is deernisvol en onvoorspelbaar met karakters wat deurgaans inspireer en ontroer.

View full details