ISBN: 9780798183949 | Published: July 26, 2023 | Paperback
Van vaders en vlugtelinge (19)
Van vaders en vlugtelinge (19)
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
RAPPORT TOP 100 - NOMMER 19
Daniël, 'n joernalis, voer 'n trekvoëlbestaan tussen Londen en Kaapstad. Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat dié se testament 'n ongewone klousule: Daniël sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek aflê by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat.
Dié besoek lei tot 'n ander reis - hy en sy neef neem 'n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat 'n nuwe soort behandeling die kind sal genees. Dis 'n reis wat beide sy en Theon se lewens onherroeplik verander.
'n Pragtige, teer roman deur die bekroonde skrywer SJ Naudé. Sy vorige werk sluit in Alfabet van die voëls, Die derde spoel en Dol heuning.
Dié jongste roman ondersoek die verhouding tussen pa's en seuns, en vaderskap, manlikheid en verlies.
Ook in Engels beskikbaar as Of Fathers and Fugitives, vertaal deur Michiel Heyns.
Author SJ Naudé
Author RAPPORT100
Share
