ISBN: 9780798183994 | Published: February 6, 2024 | Paperback
Helene de Kock Keur 9
Helene de Kock Keur 9
Cannot be ordered — this title is out of print
Couldn't load pickup availability
'n Tyd om lief te hê
Lelie van die laagte
Die skadubelofte
Die blink uur
Desperado van die onderdorp
* In 'n Tyd om lief te hê keer Marina Joubert en haar seuntjie uit Griekeland terug na haar geboortedorp in die Vrystaat. Sal die konserwatiewe dorpsmense Marina ooit vergewe vir die fout wat sy jare gelede begaan het?
*In Lelie van die laagte sorg die jong predikant Mia Dijkstra vir haar suster, Karien, al is haar inkomste maar skraps. Dis 'n uitkoms as hulle by hul tante kan gaan bly, maar eers moet Mia 'n ruk lank as kelnerin in 'n restaurant werk. En sy moet vrede maak met die feit dat sy moet blom waar sy geplant is.
*In die novelle Die skadubelofte keer dokter Pierre Greeff na jare se studie uit die buiteland terug om hom op sy tuisdorp te vestig. Maar dit lyk asof hy heeltemal vergeet het van Madel, wat saam met hom in matriek was en aan wie hy 'n belofte afgelê het.
Die twee korter verhale, Die blink uur en Desperado van die onderdorp, dra albei hierdie gewilde skrywer se stempel : deernis met die mens, en humor.
Author Helene de Kock
Share
