Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798184007 | Published: July 26, 2023 | Paperback

Maalkolk

Maalkolk

Author:Marie Lotz
Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'n Onskuldige man word in sy motorhuis doodgeskiet.
'n Jong vrou se lyk hang aan 'n boomtak diep in die Magaliesberg.

Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is 'n moordenaar wat speletjies speel: Die Woestynroos-misdaadtonele word nageboots, met subtiele leidrade waarvan net 'n hand vol mense weet.

Intussen is adjudant-offisier Anele Vilikazi op die spoor van 'n boogskutter aan die Wildekus. 'n Matriekseun kom af op sy tienersuster se liggaam wat op 'n afgelee strand met 'n wapen in die nek geskiet is.

Sal kaptein Strauss and adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?

Marie Lotz is die skrywer van die aksiebelaaide krimi's ROOFDIER EN POLSSLAG.

Author Marie Lotz

View full details