ISBN: 9780798184717 | Published: October 16, 2024 | Paperback
Christine le Roux Keur 10
Christine le Roux Keur 10
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Die glasappel is een van Christine le Roux se heel bekoorlikste verhale - 'n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir 'n verandering na die liefde deur die mánse oë kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder 'n mooi vrou aan sy sy nie, maar nou het daar 'n vreemde meisie in sy lewe ingestap, een wat verstrooid na hom as 'n messelaar verwys. En wat hom heeltemal deurmekaar maak.
Die blou uur: Klarissa du Toit, 'n mooi maar effens eksentrieke speurverhaalskrywer,word deur haar swaer versoek om in te staan as bruid vir sy vriend - en wanneer sy dié man ontmoet, weet sy hulle is bestem vir mekaar. Maar na 'n idilliese paar maande saam met Andrew, begin sy werk as kriminoloog 'n wig tussen hulle indryf. Klarissa vertrek na Skotland om oor haar toekoms na te dink: sal die lewe sonder hom nog die moeite werd wees?
Die groen maan: Wanneer die boer Johan Norval sy buurman sepos vir hom neem, kom hy af op 'n krisis en moet inderhaas sy buurman se vrou hospitaal toe neem op die dorp. Die gebeure het ontstellende nagevolge en bring 'n omwenteling in Johan se lewe mee wanneer die jong weduwee, Magdaleen, alleen probeer boer in moeilike omstandighede. En te bang is om haar hart te vertrou.
Author Christine le Roux
Author Eleanor Baker
Share
