ISBN: 9780798184724 | Published: July 8, 2024 | Paperback
Onrus op Steynshoop (59)
Onrus op Steynshoop (59)
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
RAPPORT TOP 100 - NOMMER 59
ATKV-Woordveertjies 2025: ATKV-Prosaprys
Benna drink sy groentee. Hy eet sy dim sumkluitjie. Hy dink aan sy pa - vlugtig - hy gaan nie vanoggend by hom stilstaan nie. Hy gaan ook nie nou aan Fonny dink nie. Dinge het verander. Mense is weg. Sarel, Fonny, Jonah Voorsanger. Hy werk sedert sy pa se dood nie meer in die garage nie, hy werk nou voltyds in die salon. Hy is nou 'n professionele haarkapper. Oftewel, soos sy ma sê, haarstilis.
Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander.
Benna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood 'n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem 'n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer. Ook Jonah Voorsanger, met sy af-toon en sy intellectual poster boy-voorkoms, maak weer uit die bloute sy raaiselagtige opwagting.
Benna se kuier by sy vriend Sarel in Ladybrand sorg vir nog 'n onaangename verrassing, en die onverwagse besoek van sy broer, Petie - vol spyt en bitter verwyte - is genoeg om Benna lelik van stryk te bring.
Sy vriendskap met Chaoxing Yang bring Benna weer terug tot sy ander groot liefde, comics.
Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig - 'n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant.
Author Ingrid Winterbach
Author RAPPORT100
Share
