Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798184779 | Published: October 4, 2024 | Paperback

Tietie en Nanna se huiskos

Tietie en Nanna se huiskos

Author:Azba Fanie
Regular price R 375
Regular price R 0 Sale price R 375
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie (Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke is geliefd vir hul hartskos - g'n fênsie bestanddele of fieterjasies nie, net plein huiskos met 'n Kaaps-Maleise twist.
Wat kry jy? Elkedag-kos soos kiefaait-bredies, kerries met skop, ingelegde vis en gesmoorde soesys, maar ook seekospaella, Krismispoedings, Labarang-feesdisse, Mavrou (van lamsvleis) vir 'n troutafel en ander ghrênd goed. Daarby kom die sweet en savoury waarmee Mzansi die lewe vier - bollas, snowballs, roti's, samoesas, dhaltjies en nog vele verleidings.
Ken jy nie van so 'n tuiskombuis nie, het jy dalk reeds 'n voorsmakie gekry in Tietie en Nanna se kwinkslae op Instagram en TikTok. Terwyl die potte prut, strooi die twee siezas so saam met die masala, dhanya, karamonk en jeera ook vrylik hul eie spices virrie lewe in. 'n Resepteboek waar memories en liefde saamsmelt, met elke roer van 'n pot.

Author Najma Abrahams

Author Azba Fanie

View full details