Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798184809 | Published: September 16, 2024 | Paperback

`n Droomman vir Carmi

`n Droomman vir Carmi

Regular price R 290
Regular price R 0 Sale price R 290
Out of print
VAT included.

Dispatch within 7–14 working days

Carmi Molenaar, 'n eerstejaarstudent op Potchefstroom, sukkel om tegelyk haar studies én haar bankbalans te laat klop. Ná 'n motorongeluk waarin haar halfsuster, Jolene, verlam is, besef Carmi sy is die enigste een wat haar sussie finansieel kan bystaan, ten spyte van haar grootmaakouers se afkeer van haar bloedfamilie.

Een middag, terwyl sy diep ingedagte op haar fiets ry, kruis Carmi se pad letterlik met dié van Herman Hattingh. Al het hierdie aantreklike senior regstudent al die eienskappe van 'n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of ruimte vir romanse. Veral nie met 'n skeptikus wie se logika hom telkens in die steek laat wanneer dit haar persoonlike lewe raak nie. Carmi is ook te trots om haarself teen sy misplaaste aantygings te verdedig.

Die lewe deel egter links en regs klappe uit, en Herman is elke keer dáár om te help wanneer Carmi hom nodig het. Gaandeweg leer albei van hulle die mens agter die skanse ken. Maar sal hulle kan leer om mekaar te vertrou?

Author Elize Davies

View full details