ISBN: 9780798184823 | Published: November 1, 2024 | Paperback
Die doodgewone bure
Die doodgewone bure
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe 'n spogbuurt intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach - die spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige huishoudster en troetelaasvoël daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie, Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek. Die poppe dans behoorlik wanneer die Winterbachs vir Drico en sy ouers oornooi vir ete. Sal hulle daarin slaag om die aaklige krisiskoningin te verwilder? En sal die Van Vuurens en Winterbachs ooit as gelukkige bure saam kan leef?
'n Mengsel van 'n (g)riller met heerlike tong-in-die-kies humor, absurde situasies, eksentrieke karakters en 'n storie oor vriendskap wat die grense tussen lewe en dood oorbrug.
Hierdie titel is aangewys as die wenner van die NB-Jeugromankompetisie 2023 in die kategorie vir 8 tot 12-jariges.
Author De Wet Hugo
Illustrator Theodore Key
Share
