Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798184977 | Published: May 17, 2025 | Paperback

Maklik met Marinda

Maklik met Marinda

Regular price R 295
Regular price R 0 Sale price R 295
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Ek kook wat my hart vir my se!
Maklik, makliker, Marinda! Tuiskok Marinda Engelbrecht se hande ken van raakvat, vlamvat, kortpaaie vat. Sy kook uit die hart, sommer met wat ook al in haar koskas is. In dié reseptekeur pronk al haar toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het. Noem maar op, dis daar.
Vier die lewe en dek 'n feestafel wat kreun onder die oorvloed: beesstert, bobotie, pasteie, kerrieafval, Ma se skaapboud, doeksagte lamstjops ( nogal in 'n baksakkie ). Brode, patees smoorsnoek en nostalgiese slaaie sorg vir die bykosse. Vir die weeksaand is daar lipaflek-pastas.
Die suikertand bly ook nie agter nie met outydse Cremora-suurlemoentert, droomsjokoladekoek, brandewyntert, klam wortelkoek, pannekoek, poffers en vele verrassings. En as spesiale ekstra - spogkonfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in Marinda se reseptespens.
Gedeelde vreugde is dubbele vreugde. Marinda deel met liefde 'n stukkie van haar hart met jou. Lekker kook!

View full details