Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798185066 | Published: February 3, 2026 | Soft Cover

Volmaan in Baviaanskloof

Volmaan in Baviaanskloof

Regular price R 261
Regular price R 290 Sale price R 261
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

Fransien Theron, 'n jong kunstenaar, besluit om haarself te gaan afsonder op 'n gasteplaas in die Baviaanskloof. Dis tyd om finaal afskeid te neem van haar baba wat sy twee jaar gelede in 'n ongeluk verloor het, en te aanvaar dat Hein van haar wil skei. Sy onderneem om die kloof se berg uit te klim en vir oulaas iets van die mooi herinneringe, wat sy en haar geliefdes in gelukkiger tye gedeel het, tydens volmaan te ervaar.
Terwyl sy stap, kruis haar pad onwetend met dié van 'n beseerde luiperdwyfie wat onlangs haar opgeskote welpie in die kake van 'n slagyster verloor het. Instinktief begin hierdie twee bewus raak van mekaar se verlies, en onder die waaksame blik van die maan gebeur iets wat Fransien se lewe onherroeplik verander. Haar innerlike reis na heelword begin.
In hierdie magiese ruimte waar skoenlappers volgens die eksentrieke Tobie fêries op hul vlerke rondkarwei, begin Fransien weer kleur en vorm sien en leer sy opnuut hoe om voluit te lewe.

View full details