ISBN: 9780798185103 | Published: September 29, 2025 | Soft Cover
Die man van elders
Die man van elders
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
Jean Botha verkeer tans elders: iewers en tegelykertyd nêrens. Ná drie jaar op 'n passasierskip smag hy na 'n plek wat syne is en waar hy gewoon net mens kan wees.
Die oomblik toe hy terug op eie bodem vir Renette Brink op Stellenbosch ontmoet, weet Jean een ding vir seker: Hy sal haar nooit weer kan vergeet nie. Maar Renette is verloof aan Martin Hoogendyk, 'n gesiene boer van die Oos-Vrystaat.
Toe Duncan Weston aanbied dat Jean op sy plaas naby Bethlehem gaan toesig hou, gryp hy die geleentheid aan. Daar slyp hy sy kunstalent en begin sy werk aan galerye verkoop. Intussen broei onheil in die pasgetroude Hoogendyks se huis.
Die sjarmante Martin, wat met sy fyn ingesteldheid en hoflikheid selfs Renette se predikantpa beïndruk het, verander in 'n vreemdeling.
'n Meesleurende roman oor twee mense wat hulself vir die keuses van die verlede moet vergewe voor hulle 'n ware tuiskoms en liefde kan vind.
Author Helene de Kock
Share
