Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798185202 | Published: May 23, 2025 | Soft Cover

Twyfelbos

Twyfelbos

Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'Jy moet oppas vir loop,' sê Jan.
'Hoekom dan?'
'Loop word later jou rigting en jou doel,' sê Jan.
'Later is loop al wat jy ken en jou voet kry nooit iewers houvas nie.'
Dis 1829 in die Kaapkolonie. Sophia Truter is getroud met regter Johannes Truter. Dis egter Engelse tye en hy verkies om as sir John aangespreek te word.
Ná die dood van haar jongste seun besluit Sophia om weer te gaan boer. Sy begin klein, op 'n lap grond anderkant die Kleinrivier - sonder slawe en voormans, en oudergewoonte sonder sir John.
Kort ná haar aankoms daag Mandel op, 'n vryloper wat anderkant die Koup by die Sakrivier gedoop is. By Sterretjie en die vroue wat naby Gansgat tent opgeslaan het, kry Sophia malgasvere en ghwano vir haar groenteakkers. En 'n boervrou van oorkant die Akkedisberg kom ook inloer.
Maar dan word 'n man se liggaam op die bokpad teen die berg gevind. En Jan Tesselaar, die nuwe veldkornet, moet sy perd opsaal en die skuldige opspoor.
Twyfelbos is 'n meesleurende historiese roman wat tydens die vroeë agtienhonderds in die Overberge afspeel. Dit is ook 'n outydse speurverhaal wat die intriges van die gereg sowel as die liefde blootlê.

View full details