ISBN: 9780798185288 | Published: February 13, 2026 | Paperback
Die gewildste alien in die ruimte
Die gewildste alien in die ruimte
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Superhelde gaan nie met vakansie nie. Maar wanneer Wynand se ma hom verras met 'n wegbreek na 'n tropiese eiland, is hy superopgewonde! Min weet hy watter avontuur daar op hulle wag - selfs al is sy aartsvyand Natalie ook weer daar om sy pret te bederf.
Toe Wynand 'n gestrande ruimteskip op die eiland ontdek, ontmoet hy vir Fudge - 'n oulike alien met vreemde tentakels, 'n liefde vir melktert en 'n groot probleem . . . Fudge word deur Zorgon die Verskriklike gejag, en hy het hulp nodig om sy ruimteskip te herstel. Maar wanneer Natalie probeer om Fudge 'n internetsensasie te maak, stel sy per ongeluk almal in gevaar.
Met Zorgon op hulle spoor, gaan dit al Wynand se moed, sy ma se geheime vaardighede as superheldin, Natalie se vuiste en Ouma Magriet se vindingrykheid verg om hulle nuwe alien-vriend te red. Kan hulle saamwerk om Zorgon te verslaan en Fudge te help om sy pad huis toe te vind?
Author Cecilia Steyn
Illustrator Johann Strauss
Share
