ISBN: 9780798185301 | Published: April 21, 2026 | Board Book
My eerste 100 woorde
My eerste 100 woorde
Dispatch within 1–3 working days
Couldn't load pickup availability
Hierdie pragtige prente-woordeboek bevat honderd eerste woorde om uit te ken, hardop te sê en te lees. Vir kleintjies wat net begin praat, is dit 'n opwindende kyk- en geselsboek; vir kinders wat al begin lees, is dit propvol interessante woorde en prente; en sodra hulle begin skryf, word dit 'n stimulerende spelboek.
Dit bied 'n rykdom bekende dinge so reg uit die Afrikaanse kind se eie leefwêreld - 'n uitstappie na die winkels, 'n braai, 'n verjaarsdagpartytjie, die plaas, slaaptyd en nog vele meer.
Dié heerlike en vermaaklike boek bevorder woordeskat en spraakontwikkeling, help kinders om beelde en woorde in die moedertaal te identifiseer, ontwikkel vroeë en visuele geletterdheid, stimuleer kreatiwiteit en bied 'n eerste bekendstelling aan storievertel.
En dan - vir nóg meer pret - is daar Leeutjie, 'n skattige speelding wat in elke toneel wegkruip en wag om gesoek te word!
Author Vian Oelofsen
Share
