Skip to product information
1 of 1

ISBN: 9780798185349 | Published: May 9, 2025 | Soft Cover

Die ooggetuie

Die ooggetuie

Author:Wilna Roux
Regular price R 350
Regular price R 0 Sale price R 350
Out of print
VAT included.

Dispatch within 1–3 working days

'De bloedige hand neemt geen erf,' haal oom Sakkie die ou Romeins-Hollandse beginsel aan. 'Indien jy opsetlik iemand se dood veroorsaak het, mag jy nie voordeel daaruit trek nie. Maar jy weet nie vir seker sy het moord gepleeg nie, Julia.'
Julia Blomerus se toga hang net vir vertoon agter haar kantoordeur. Sy is die kamerprokureur in Izak Marais se regspraktyk op Worcester, maar wanneer oom Sakkie een oggend voor 'n groot hofsaak ineenstort, moet Julia dringend sake beredder. En dit ten spyte van die feit dat sy gesweer het sy sit haar voete nooit, ooit weer in 'n landdroshof nie. Hul kliënt, Lizanne Malan, is aangekla van moord op haar eggenoot en sy is net so verontwaardig dat 'n 'junior' kollega haar nou moet verteenwoordig. Om dinge nog meer te kompliseer is Julia heimlik daarvan oortuig dat Lizanne wel skuldig is.
'n Pakkende hofdrama wat afspeel in die Boland, op 'n dorp waar geen geheim vir ewig weggesteek kan word nie. Die ooggetuie is die eerste boek in 'n nuwe reeks met die regsgeleerde Julia Blomerus in die hoofrol.

Author Wilna Roux

View full details