ISBN: 9780798185400 | Published: June 12, 2025 | Paperback
Op pad na 'n klooster in die sneeu
Op pad na 'n klooster in die sneeu
Dispatch within 7–14 working days
Couldn't load pickup availability
'Vra jy my om wonderwerke aan jou te verduidelik? Dit kan ek nie doen nie. Enigiemand wat voorgee om wonderwerke te verduidelik, verstaan nie wonderwerke nie ..'
'n Jong man, pas afgestudeer, begin sy loopbaan by 'n klein apteek in Bloemfontein. Maar hy is gou ontnugter deur sy lot - is hierdie sinlose bestaan al wat die volgende vyftig jaar vir hom voorlê? Wanneer hy toevallig afkom op die geskrifte van die vyftiende-eeuse mistikus Thomas à Kempis, begin hy droom oor 'n asketiese lewe as monnik, iewers verafgeleë en afgesonder - weg van geldmaak en ambisie.
Op die vooraand van sy reis na 'n klooster in die Franse Alpe, ontdek die jong apteker hy het 'n verlangse oom wat self 'n Katolieke priester geword het, en nou as afgetredene woon in die hartjie van Parys.
So begin 'n kosbare vriendskap tussen 'n bejarde pater in Frankryk en 'n ietwat verlore siel uit die Vrystaat. Dit is 'n aangrypende roman oor die soeke na identiteit, na vrede en betekenis, maar bowenal oor 'n pelgrimstog na aanvaarding van die self.
Author Johannes de Villiers
Share
